Hallo daar,
alweer twee weke verby en dan is dit natuurlik tyd vir n nuwe "Challenge".
Scrapping4funChallenges se nuwe Challenge is n "Anything Goes plus Christmas/Winter digi".
Gaan kuier gerus en neem deel in al die pret.
Ons het ook wonderlike sponsors.
Challenge #56 se sponsor is
Elke DT kon haar digi kies.
Ek het die klein mannetjie gekies wat ek gebruik het in my Layout.
Daar is nog geen foto nie want ek het die layout gemaak vir ons kleinkind wat eers volgende jaar gebore word. Ons weet nou al dit gaan n seuntjie wees. Ons is baie opgewonde.
Hier is my DT layout vir Scrapping4funChallenges
Die lig is n bietjie swak. Ons het nou vir n paar dae net mis met geen son. Hoop julle kan die glitter sien.
Die seuntjie agter die foto deel is n "tag" wat ek kan uittrek om iets op te skryf. Die seuntjie voor het ek op verskillende Bo Bunny "Blitzen" papier gedruk en uitgesny.
Die geskenk pakkies is ook uitgesny en opgelig.
Dankie vir die inloer
Be Happy Be Creative