Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5


Friday 2 May 2014

Moedersdag kaartjes

Hallo julle,

dit is omtrent n besige week. Ek glo daar is n paar van julle wat ook soms voel die dae het net te min ure. Wel, hierdie week voel vir my so. Ons vertrek môre vir n paar dae na Amsterdam. Ek is baie omgewonde. Ons kan nie wag om al die mooi blomme te sien nie. Ons het behoorlik n program opgestel wat ons alles wil doen. Keukenhof is natuurlik hoog op die lys. Ek sal foto's deel as ek terug is.

Ons "Challenge #16 is nou aan die gang op Scrapping4funChallenges. Dit is alles oor Moedersdag.
Julle kan enige iets maak n "Layout, Card, Canvas, Mini album of n "Off the Page " creation.
Gebruik die woorde Gelukkig Moedersdag, Moedersdag, of iets oor Moeder/Mamma in jou huis taal.

Ek het 2 kaartjies gemaak vir my moeder en my skoonmoeder. Die Jornale wat ek gemaak het (kyk in vorige pos) is die moeders se geskenke. 
Hier is my kaartjies.

Hier is my moeder se kaartjie.


 My ma se jornaal is die een met al die naaldwerk goedjes op. Sy is lief vir naaldwerk.
Ek het Pion Design se papier gebruik. 
Die silver blom en gem is wat ek in my voorraad gehad het. Ek kan nie onthou wie die verskaffers van die silver blomme is nie. Die Gems het ek by n vriendin geskenk gekry. My skoenlapper het ek uit die Pion Papier gesny en met Glossy Accents oorgegaan vir bietjie blink. Die gehekelde blom is nuwe voorraad wat ek ingekry het. Ek moet dit nog op my website plaas.


My skoonmoeder se kaartje


Ek het my skoonmoeder se kaartjie meer n Tuintema probeer hou. Ek het ook Pion Design papier gebruik en dieselfde versierings as by my ma se kaartjie. My skoonma se Jornaal is die een met die tuintema op.

Dankie vir die inloer.

Be Happy Be Creative

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by.
Those leaving a comment on any posts on RachelleS Creations blog do so in the knowledge that their name and blog link are visible to all who visit this blog and by providing the comment, they have published their own personal details on this blog and also consented to that personal information being seen.
Please know that your comment is valued.
Hugs Rachelle