Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5


Friday 30 October 2015

Non Traditional Christmas colours

Hallo almal,

ons nuwe Challenge het begin. 
Gaan kuier gerus by Scrapping4funChallenges en neem deel in al die pret.

Ons Challenge is om "Non Traditional Christmas Colors" te gebruik. Jy kan enige iets maak van n "Layout, Card, Mixed Media, Canvas of Off the Page Creations". 

Ons sponsor vir Challenge 53 is Ikesart


Ek het besluit om n layout te maak. Vir die dames wat nog nie weet nie ek word ouma volgende jaar April. Ek het besluit om vroeg met n album te begin vir die kleinding. Ons weet nog nie of dit n dogtertjie of seuntjie is nie. Die meeste bladsye maak ek wat vir altwee geslagte sal pas. Hierdie ouma is n bietjie vroeg maar ek weet as die kleinding eers daar gaan wees, gaan daar so baie foto wees so ek maak maar reg. 

Hier is my uitleg.



Die beertjies het ek geprint op my scrappapier en almal uitgesny.

Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative

Friday 16 October 2015

Give thanks

Hallo almal,

die volgende Challenge is op Scrapping4funChallenges.
Challenge #52 gaan oor Thanksgiving of jy kan ook n "Thank you" projek maak.
Vir meer inligting kliek op S4fChallenges

Ek het besluit om n Thanksgiving kaart te maak vir my DT projek. 
Ons vier nie Thanksgiving nie, maar ek het n Amerikaanse vriendin en ek sal die kaartjie vir haar gee.

Die prentjie het ek om die internet gekry. Onder "Free Thanksgiving Images"
Toe ek die "Turkey" sien het ek sommer begin lag. Die handsak en skoene was te oulik.
Ek dink as sy weet wat met haar gaan gebeur gooi sy daai handsak oor die skouer, lig daai vere en hardloop daai skoentjies se hakkies af dat die vere waai. :-)

Ons Sponsor vir Challenge 52 is Aliciabel



Die blare is van Tim Holtz "Thinlits". 
Hier is my Kaartjie


Dankie vir die inloer.
Be Happy Be Creative


Friday 2 October 2015

Pampoene

Hello almal,

ek kan nie glo daar is alweer twee weke verby en ons is al in Oktober maand. 
Hierdie jaar het vir my vreeslik vinnig verby gevlieg. 
Ons vakansie is nou verby en almal is weer vol aan die gang. Na my vriendin se besoek van 2 weke was daar nog besoekers vir n week by ons. Ek het na my vriendin en haar man terug is na SA, my rug weer seergemaak. Ek kon skaars beweeg. Ek het n paar inspuitings in my rug gekry en die pyn was beter. Toe die tweede groep besoekers kom was dit tasse sleep en help om te dra. Natuurlik nie goed vir my rug gewees nie. Na n pynvolle week en nog n inspuiting voel ek nou weer beter. 
Ek moet my nou rustig gedra (oeghhh) baie moeilik, maar manlief hou my met n valk oog dop.
Hoe is die spreekwoord, as jy nie hoor nie dan moet jy voel.

Scrapping4funChallenges het hulle volgende "Challenge" op hulle blog. 
Gaan kyk gerus en ook die oulike "Sponsor" wat ons het.


Die tema is Pampoene
Ek het vir my vriendin n Jornaal gemaak en n paar bladsye vir haar versier. 
Een van die bladsye was hierdie pampoene. 
Ek het dit baie geniet om hierdie 2 bladsye te maak.

Dankie vir die inloer.

Be Happy Be Creative